

SMURFIE – Surveillance King se nuutste toevoeging in koste-effektiewe mobiele toesig vir jou plaas.
Die Smurfie-toesigeenheid is die perfekte oplossing om daardie afgeleë areas van jou plaas dop te hou sonder om begroting te oorskry. Bestaande uit die nuutste tegnologie-toesigkameras sowel as ‘n alles-in-een beheer en draadlose verbindingseenheid, wat sonkrag- en batteryaangedrewe is en op byna enige paal gemonteer kan word, bied Smurfie ‘n koste-effektiewe opsie vir mobiele toesig van jou grond . Jou Smurfie-eenheid is volledig aanpasbaar en kan toegerus word met enige twee van die beskikbare kameras, wat LPR-tegnologie, Starlight-tegnologie, termiese tegnologie, inbraakdeteksie en aktiewe afskriktegnologie, Tripwire-alarms, slim KI, IR, gesigsherkenning en omtrekbeskerming insluit tegnologie.
Meer inligtingOlifant en Dwergie mobiele toesig
Vir die eerste keer bestaan daar n oplossing om groot landelike gebiede maklik te beveilig en onder surveillance te plaas sonder wagte wat jou eiendom te voet moet patrolleer, wat duur is en soms ook onbetroubaar kan wees.
Saamgevat in ‘n neutedop werk dit soos volg:
- Jy haak eenvoudig jou Olifant Trailer en sleep hom na jou probleemarea. Jy stel dit op in 20 minute.
- Programmeer die stelsel op die waarskuwings wat jy benodig op spesifieke tye.
- Die dagkamera (optical lens) sien deur die dag so ver jou oe kan sien en zoom so 3 km in as jy goeie detail wil sien. Hierdie lens werk baie goed as jy werkers in jou lande of boorde het wat jy wil dophou.
- Die naglens (thermal) werk op liggaamshitte wat enige persoon wat in n radius van 4km van jou trailer beweeg sal waarneem.
Olifant Surveillance Trailer


Dit sal ook binne n radius van 1 km waarskuwings uitstuur dat iemand naby jou vee of in jou boord is. Die kamera onderskei ook tussen mens en dier. Indien jy n groter area wil dek of jou grond is redelik ongelyk met bulte, dan benodig jy n substasie ook. Die substasie, bekend as Dwergie, kan tot 10km vanaf Olifant geplaas word. Die twee kommunikeer wireless met mekaar. Dwergie het dieselfde kamera op as Olifant.
Dus kan jy met twee van die trailers nagenoeg ‘n radius van 15 km dek . Die hele sisteem is mobiel, wat dit baie vergemaklik wanneer jou werkers verskuif na ‘n ander area of jou vee se weiding verskuif, dan word die trailers eenvoudig dienooreenkomstig geskuif.
Olifantis die beheerkamer. Jy het die opsie om hom te laat beman deur ‘n wag as jy vinnig van hom af tydens n waarskuwingsein wil reageer. Dis baie effektief veral by plaasingange.
Dit het ‘n volledige wagkamer met jou monitor waar die kameras is. Daar is ook ‘n toilet gedeelte met water wat ideaal is vir ‘ n mobiele wagkamer. Indien jy jou eenheid nie wil beman nie, die eenheid kom uit met sy eie LTE internet en as selfoonontvangs ontbreek, tel ons wireless internet op van waar jy jou huis internet ook van sal kry. Jy sal dus vanaf jou selfoon kan sien wat op jou plaas gebeur .Die trailers het n 50mm Thermal PTZ 360 grade rotasie kamera op met n optical lens wat amper tot in ewigheid sien met vier 150m nagsig kameras met gesigserkennings tegnologie, nommerplaat en perimeter beskerming. Die kameras het ook sy eie alarm met ‘n flitslig wat sal aangaan indien iets dit in die nag aktiveer. Die trailer werk met 220v krag sou jy krag verkies, of heeltemal van die grid met n stewige sonpaneel en battery stelsel wat jou so 4 tot 7 dae sal hou, indien die son vir ‘n paar dae nie skyn nie.
Die stelsel sal jou waarsku wanneer jou battery laag is. In so geval moet jy dan slegs jou kragopwekker aanskakel.
GebRuike van die Trailer
- Mobiele Plaaspatrollie vir plaasveiligheid
- Mobiele Padpatrollie vir plaaspaaie- en ingange
- Mobiele Veediefstal bekamping
- Beheer oor plaaswerkers in boorde, wingerde en lande .
- Help met skadunet vandalisme
- Help om diefstal te bekamp in landerye, wingerde en boorde
